Nuut in die Vrystaat

Category: Resort News | Author: Oberammergau Caravan Park |  Date posted:  | Impressions: 63446   3973

Nuut in die Vrystaat

Die nuusbrokkie “Nuut in die Vrystaat” in die Mei-uitgawe van WegSleep (oor Tommie Leonard se kampplek Oberammergau op Senekal) het
my oog getref. My ouers het die einste huis in Boerbokstraat 11 in 1958 gekoop – die foto is ’n jaar later geneem. Ek het in 1961 selfs hier gesit en leer vir matriek, maar ongelukkig is ek nie verder heeltemal op datum met die geskiedenis van die gebou nie.My moeder is in 1970 oorlede en ’n jaar of twee daarna het my pa die huis verkoop. Sedertdien het dit aan verskeie eienaars behoort en daar het heeltyd mense in die huis gebly. Sedert 1974 ry ek gereeld verby die plek, en in 1996 het ek vir die eerste keer die moed bymekaar geskraap om die huis weer te besoek. Die plek het baie herinneringe opgeroep en in daardie stadium het dit aan ’n plaaslike eiendomsagent behoort. Dit was steeds in ’n goeie toestand,
hoewel die plek hier en daar verander en verbeter is. In 2008 het ek weer ingeloer – ek vermoed dat dit toe al aan Tommie behoort het.

Senekal in die Vrystaat, op die N5 tussen Winburg en Bethlehem, lê op die kortpad tussen Bloemfontein en die strande van die KwaZulu-Natalse kus, en nou is hier ’n nuwe kampplek waar jy kan afsaal op pad see toe. Tommy Leonard sien om na die kampplek, Oberammergau. Hy sê die Duitse naam het meer as een betekenis: Dit is die stad in Duitsland waar die Passiespele plaasvind, maar ook die naam van ’n liedjie wat Sonja Herholdt sing. Dit beteken “oorkant die rivier”. In Tommy-hulle se geval is die kampplek net anderkant die Sandspruit in Senekal. Hy sê sy seun het die plek as murasie gekoop en gerestoureer tot hulle dit in ’n klein woonwapark kon omskep. Hier is 30 staanplekke, almal met gras, maar nie veel koeltebome nie. Daar is wel ’n paar jong lote in die grond. Tommy sê hulle oorweeg ook om later skadunet oor van die staanplekke te span. Elke staanplek het water en krag, en afhangende van waar jy staan, het jy óf ’n blou sok óf ’n gewone driepuntsok as die kragpunt. Hier is twee ablusieblokke en die stalle is omskep in slaapplek as jy dalk sonder ’n woonwa op reis is.

Oberammergau Caravan Park
If you are interested in this please use this enquiry form powered by CaravanParks.com.

You must have javascript and cookies enabled to use this form






If you can see the following field please leave it blank
Send me a copy of this email
Download your FREE digital Camp and Live Guide or Kamp en Leef Gids here!
close [X]

Latest News

8975

December 2019 - Holiday Travel Alert

Business | News
Please take special care when traveling from Johannesburg towards the South Coast of KwaZulu-Natal.Take special care near Pietermaritzburg as the Road surface is badly damaged by large trucks. Avoid a short cut through Umbumbulu which is about 30km past Pietermaritzburg. Keep a safe distance, make sure you stop regularly and off course the good old wheel nuts. CHECK your wheel nuts regularly. Travel with Lights ON, even in the day.
Author CaraSure
Impressions 19477
48